ARNOLD SCHWARZENEGGER -- JOKE
Sneeuwitjie, Arnold Swcharzenegger en Saddam Hussein gesels een middag oor tee. Sneeuwitjie sê: "Ek is sekerlik die mooiste vrou in die wêreld, maar hoe sal ek seker weet?" Swcharzenegger sê: "Ek is sekerlik die aantreklikste man in die wêreld, maar hoe sal ek seker weet?" Saddam sug en sê: "En ek is sekerlik die mees gehate mens in die wêreld, maar hoe sal ek ooit seker weet?" "Ek het 'n plan," sê Sneeuwitjie. "Kom ons gaan vra die Wyse Man." So sit die drie af na die plaaslike Wyse Man.
Sneeuwitjie gaan eerste die Wyse Man se hut binne. Toe sy uitkom sê sy: "Dis waar, dis waar! EK is die mooiste vrou in die wêreld!" Arnold gaan volgende, en hy kom stralend uit: "Ja! Ek is inderdaad die aantreklikste man ter wêreld!" Saddam kry sy beurt, en kom vreeslik teneergedruk uit: "Wie de hel is Kader Asmal?"
SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???
--BACK--