BAIE ENTOESIASTIESE

BAIE ENTOESIASTIESE -- JOKE



'n Baie entoesiastiese jagter van watervoëls was op soek na 'n hond wat die voëls uit die water kon gaan haal. Hy was seker dat sy soektog op 'n einde was toe hy 'n hond in die hande kry wat bo-op die water kan loop. Terug by die huis nooi hy sy aards pessimis vriend, wat nooit met iets beïndruk is nie, om saam te gaan jag. Terwyl hulle in hul skuiling langs die water sit, kom 'n swerm kolganse oorgevlieg. Die jagter trek 'n skoot en die eend val in die water. Op die jagter se bevel gaan haal die hond die eend uit die dam uit, sonder om ooit meer as sy pote nat te maak. Hierdie storie hou die heel dag aan. Alhoewel die vriend alles fyn dophou, sê hy niks oor die hele ding nie. Op pad huistoe vra die jagter "Het jy enigiets snaaks omtrent die hond opgemerk?" "Natuurlik het ek," antwoord die vriend ". . . hy kan nie eers swem nie!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--