BEJAARDE OUJONGNOOI

BEJAARDE OUJONGNOOI -- JOKE


'n Bejaarde oujongnooi kontak haar prokureur om haar te kom help met haar testament. Daar gekom wil hy weet waaruit haar bates bestaan en hoe sy dit wil bemaak. "Wel" sê sy. "Behalwe vir die goed wat jy hier om jou sien, het ek nog vyftigduisend Rand in die bank. Ek bemaak al my roerende goed aan liefdadigheid en omdat niemand ooit van my notisie geneem het nie, wil ek 'n begrafnis hê wat niemand sal vergeet nie - spandeer R45 000,00 op die begrafnis." Soos jy weet is ek nooit getroud nie en het ek nooit by 'n man geslaap nie - ek wil hê dat jy dit vir my moet reël vir die laaste R5 000.00!" Die prokureur skryf alles noukeurig neer en belowe dat hy sy bes sal probeer om iets te reël. By die huis gekom vertel hy sy vrou van die eienaardige wense van die oujongnooi. Sy dink so bietjie wat sy alles met R5 000.00 kan doen en oortuig toe haar man om self die ou gunsie te gaan doen. Nadat alles gereël is, vat sy self haar man na die oujongnooi se huis toe en wag sommer vir hom in die kar. Na 'n uur raak sy redelik ongeduldig en druk die toeter. Die gordyne gaan na 'n rukkie oop en die man skree vir haar "Kom haal my moreoggend, sy het besluit op 'n gewone begrafnis!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--