BOER UIT DIE SUID KAAP

BOER UIT DIE SUID KAAP -- JOKE

'n Boer uit die Suid-Kaap koop 'n paar varke, met die hoop om produkte soos spek en ham te kan produseer. Na 'n paar weke was nog nie een van die varke dragtig nie, en die boer raak bekommerd oor sy belegging. Die plaaslike veearts word geroep, en na 'n deeglike ondersoek sê die spesialis daar is niks fout met die varke nie.

"Dalk moet jy kunsmatige inseminasie probeer," stel die veearts voor. Die boer het nie die flouste idee wat dit beteken nie, maar hy wil nie oningelig klink nie. "En hoe sal ek weet wanneer die varke dragtig is?" vra hy eerder. "Sodra die varke dragtig is sal hulle nie meer so rondstaan nie, maar lê en in die modder rol," antwoord die veearts.

Die boer het lank oor die voorstel van kunsmatige inseminasie gedink, en uiteindelik besluit dit beteken dat hy self die varke dragtig moet kry. Dus, eerste ding die volgende oggend laai hy die varke op sy lorrie en ry uit na 'n verlate skuur. Daar gee hy elkeen van die varke 'n beurt, en bring hulle weer terug na die plaas toe. Die dag daarna gaan kyk hy angstig of die varke al lê, maar nee. Hulle staan nog net so rond, nie een is dragtig nie. Dus laai hy hulle maar weer op die lorrie, ry uit na die skuur toe, en -- net om seker te maak -- gee elkeen twee beurte. Hopelik sou dit die ding doen.

Maar die volgende oggend is die uitslag nog steeds negatief, nie 'n enkele vark lyk dragtig nie. Dus, dieselfde prosedure. By die skuur gekom kry elke vark hierdie keer drie beurte, 'n inspanning wat die boer die hele dag neem en hom uitgeput na sononder by die huis aanbring. Die volgende oggend pyn elke spier in sy lyf, en hy kan skaars uit die bed opstaan. Hy vra toe maar sy vrou om te gaan kyk of die varke al in die modder rol. "Nee, dis die vreemdste ding," sê sy vrou toe sy terugkom. "Die varke staan almal agter op die lorrie en een blaas die toeter!"



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--