BOER VOER VIR HOM

BOER VOER VIR HOM -- JOKE


'n Boer voer vir hom 'n windhond in met 'n stamboek hiervandaan Kaap toe. By die eerste geleentheid wat hulle kry is hulle toe ook veld toe om die hond se vaardighede te gaan toets. Dit was ook nie lank nie of hulle jaag 'n haas op. Op die boer se bevel spring die hond weg agter die haas aan. Dis net stof en die hond en die haas en die haas en die hond maar op die end kom die haas toe weg. Baie verontwaardig vra die boer "Waarvoor het ek al die geld betaal - jy kan dan nie eers 'n haas vang nie!" Die hond antwoord so ewe " Ja, maar jy moet onthou - ek hardloop vir my breakfast en hy hardloop vir sy lewe!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--