BUIKSPREKER OP REIS STOP

BUIKSPREKER OP REIS STOP -- JOKE


'n Buikspreker op reis stop vir petrol in 'n klein dorpie in die Noordkaap, en besluit om homself met die plaaslike bevolking te vermaak. 'n Man en sy hond sit in die koelte langs die enigste kafee in die dorp, en die buikspreker stap nader. "More oom," groet hy. "Mooi hond wat oom hier het." Die man kyk op, en groet terug. "En wat sê oom se hond vandag?" vra die buikspreker. "Nee, jong," sê die man. "In die agtien jaar wat ek al hierdie ou dier het, het hy nog nie 'n woord gesê nie." "Wag, laat ek probeer," sê die buikspreker. Aan die hond vra hy: "Ou honne, hoe gaan dit vandag met jou?" Tot die man se verbasing begin sy hond te praat. "Nee, seun, dit gaan maar swaar. Dis warm, en my bene is styf en my tanne stomp." "Nou kan jy wragtag... ek glo dit nie. Ek sou nou nooit kon dink hierdie ou hond van my kan praat nie." "Oom sal verbaas wees, ek kan met enige dier praat. Die donkie wat hier staan, byvoorbeeld. Hoe gaan dit, donkie?" "Goed," sê die donkie. "Ek werk nie te hard nie, ek kry seker genoeg om te eet, en in die winter gooi my baas hier 'n kombers oor my as dit koud word." "Wel nou het ek alles gesien," sê die ou man. "Dis werklik 'n wonderlike gawe wat jy hier het." "Ek is maar so gebore, oom," antwoord die buikspreker. "Van kleins af al kan ek so met diere praat. Ek sal selfs met hierdie bokooi kon praat." "Nee wag nou, wag nou," gooi die man wal. "Dié ou bokooi het niks interessant te sê nie, en sy lieg vreeslik oor my."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--