DAAR TUSSEN DIE OU WARMPLEK

DAAR TUSSEN DIE OU WARMPLEK -- JOKE


Daar tussen die ou warmplek en die hemel is so 'n groot, wye, diep afgrond. Soos familie maar is, staan hulle gereeld oor en weer en skree - verneem na die gesondheid ensovoorts. Maar nou is daar so baie wat oor en weer skree en jy weet naderhand nie meer wie skree wat nie, dat daar toe 'n ooreenkoms bereik word: Elke kant sal van daar af 'n brug bou tot in die helfte van die kloof, dan kan elke familie een keer per maand 'n beurt kry om darem so in die middel van die brug bietjie te kuier vir 'n halfuur of so. Die klomp in die hemel is vuur en vlam, kry 'n ingenieuer en begin spoedig bou. Elke tien meter of so, wil hulle van die ander klomp weet wanneer hulle dan gaan begin bou. En kry elke keer die selfde antwoord: Moenie worrie nie, sodra julle klaar is, is ons ook klaar. Eindelik is die goeie ouens klaar met hulle helfte, die ander klomp het nog nie eens begin nie. Weer skree die klomp in die hemel: "Wanneer begin julle bou?" Die ander skree terug: "Ons het nie 'n ingenieur om die ontwerp te doen nie!" Waarop die goeie klomp antwoord: "Ons gaan julle dagvaar vir kontrakbreuk!" En sal die klomp in die warm plek nie lekker lag nie: "Met 'n prokureur wat julle waar gaan kry?"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--