DIE AMERIKAANSE FEDERALE

DIE AMERIKAANSE FEDERALE -- JOKE


Die Amerikaanse Federale Lugvaart Administrasie het 'n besondere apparaat ontwikkel om vliegtuigruite te toets. Basies kom dit daarop neer dat die apparaat dooie hoenders teen die ruit vasgooi teen die spoed waarteen die vliegtuig vlieg. Die teorie is dat as dit nie kraak nie, sal dit ook niks oorkom as voëls teen die ruit vasvlieg tydens 'n vlug nie, en is dit geskik vir vliegtuie. Die Britte het van die ding te hore gekom en bestel dadelik een om die ruite van hul nuwe sneltrein mee te toets. Toe die hoender afgevuur word is daar gaos. Nie alleen trek dit regdeur die ruit nie, maar ook deur die drywer se sitplek en kom uiteindelik ingebed in 'n instrumentpaneel agter in die bestuurskompartement tot stilstand. Verontwaardig en baie verbaas stuur hulle die apparaat en die resultate terug Amerika toe vir kommentaar. Al wat die Amerikaners terug laat weet is "Ontvries die hoender!"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--