DIE BUITETOILET

DIE BUITETOILET -- JOKE


Die jong man wou sy meisie plaas toe nooi, maar was skaam vir die outydse buitetoilet . Hy't bly neul by sy pa vir 'n moderne, binnenshuise een, maar die oubaas wou nie kopgee nie. Uit pure desperaatheid glip hy een nag uit, plaas 'n klomp dinamiet agter die toilet en blaas die hele affêre in sy glorie. Die volgende oggend aan ontbyt vra sy pa hom of dit hy was wat die toilet vernietig het en herinner hom terselfdertyd aan die storie van George Washington en die kersieboom. "Ja, Pa," sug die seun. "Dit was ek." "Ek's bly jy's so eerlik." sê sy pa. "En as straf moet jy onmiddelik die put vir nog een begin grawe." "Maar Pa," protesteer die seun, "toe George Washington erken het dit was hy wat die boom afgekap het, het sy pa hom nie gestraf nie!" "Ja, jy's reg," sê sy pa. "Maar George se pa was nie in die kersieboom toe hy dit afgekap het nie!"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--