DIE EEND EN DIE LION KING

DIE EEND EN DIE LION KING -- JOKE


Die ou wil graag hê sy mak eend moet The Lion King sien. So stap hy een aand by die flieks in, eend onder die arm. Die bestuurder van die teater sê, 'Sorry meneer, ons laat ongelukkig nie mak eende toe nie.' Die ou is vasbeslote, stap die gents binne en prop die eend hier voor by sy broek in. Hy sit nog so lekker en fliek kyk toe die eend half benoud raak, en hy wikkel sy kop hier deur die ou se gulp uit vir so 'n bietjie vars lug. Die dame langsaan ruk omtrent haar nek af van skok, pomp haar man in die ribbes en sê, 'Die ou langs my se dinges steek uit.' Haar man is verdiep in die fliek en sê, 'Ag, ignoreer dit.' 'Ignoreer dit?' sê die vrou. 'Hy's besig om my blerrie popcorn op te vreet!'


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--