DIE MIERE IN DIE WILDTUIN

DIE MIERE IN DIE WILDTUIN -- JOKE


Die miere in die wildtuin is baie ongelukkig en hou vergadering. Hulle besluit, tot hier toe en nie 'n steek verder nie. Elke dag kom Ollie, die olifant daar verby op pad na die watergat en die ongevalle loop hoog. Duisende miere sneuwel onder sy groot pote. Daar is nie een familie wat nie geraak is deur die daaglikse treurspel nie. Na sowat 'n uur besluit hulle hulle plan is waterdig. Die volgende dag toe die olifant weer daar verby kom, spring Jannie op een van sy pote en begin klim. Onder luide toejuiging vorder hy die dag tot net bokant die naels op die yslike voet. "Nou, nou, nou!! Klim Jannie, klim!!!", juig die skare. Toe die olifant weer verbykom trek Jannie al by die knieg. Al die miere is baie opgewonde en juig hulle held toe. En so, elke dag as die ou Ollie verby kom, is Jannie al verder en verder op. Na 5 dae is Jannie toe op Ollie se rug en hy skree almal moet daar wees die volgende dag vir aanmoediging. So gesê so gedaan. Die volgende dag staan die miere daar in 'n plaat en almal juig: "Wurg hom Jannie, wurg hom!!



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--