DIE NUWE PREDIKANT

DIE NUWE PREDIKANT -- JOKE

Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is maar hulle maak nie die deur oop nie.

Hy haal toe 'n kaartjie uit en skryf daarop "Openb. 3:20" en skuif dit onder die deur in.

Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kolektebord met 'n boodskap onderaan gevoeg: "Genisis 3:10" Hy trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.

Openb 3:20 lees: "Kyk ek staan by die deur en ek klop . . ."

Gen. 3:10 lees: " . . Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal."

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--