DIE OU MOET ARMY TOE GAAN joke

DIE OU MOET ARMY TOE GAAN JOKE


Die ou moet army toe gaan terwyl sy vrou so sewe maande verwagtend is. "'Wanneer ons kind gebore is,' sê hy, 'moet my in hemelsnaam tog nie bel nie. Al ons telefoonoproepe word vir veiligheidsdoeleindes gemonitor, en as die manne hoor ek is pa, moet ek vir almal in die basis 'n dop koop, en daarvoor het ek tog nie die geld nie. Stuur net 'n telegram met oorle' oupa se van daarop - Van Tonder. Dan weet ek jy's oukei en die baby is oukei.' 'Oukei,' sê sy. So twee maande later kom die telegram van sy vrou toe by die basis aan. Die troep pass uit toe hy lees: 'VAN TONDER VAN TONDER VAN TONDER VAN TONDER. TWEE MET GEWERE EN EEN DAARSONDER.'


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--