DIE OU OMIE VAN AGT EN TAGTIG

DIE OU OMIE VAN AGT EN TAGTIG -- JOKE


Die ou omie van agt en tagtig besoek die dokter vir sy jaarlikse ondersoek.  Die dokter is baie beïndruk met die omie se algemene gesondheid en vra hom toe waaraan hy dit toeskryf. "Seker maar omdat daar 'n engel in ons huis bly." sê die omie.  "Hoe bedoel oom nou?" vra die dokter. "Wel," sê die oom. "Net gisteraand toe ek laatnag badkamer toe gaan , gebeur dit weer.  Die oomblik as ek die deur oopmaak, sit die engel die lig aan.  Toe ek klaar is en die deur toemaak, sit hy weer die lig af!"
Toe dit die tannie se beurt is vra die dokter haar na die engelstorie.
Sy verstaan nie mooi nie en hy  verduidelik vir haar alles wat die oom gesê het.
"Ag nee!" sê die tannie "Het hy alweer in die yskas gepiepie!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--