DIE PASSASIERS OP

DIE PASSASIERS OP -- JOKE


Die passasiers op 'n SAL vlug van Bloemfontein na George sit al reg om te vertrek as die kapein en tweede kaptein aan boord kom. Albei het donkerbrille aan, die een stap met 'n gidshond en die ander gebruik 'n wit stok om sy pad te vind. Sommige van die passasiers giggel senuagtig, want dis sekerlik 'n grap.

Die motore word aangesit, die vliegtuig kom in beweging, begin spoed optel op die aanloopbaan, maar styg nie op nie. Intussen kom die einde van die aanloopbaan al hoe nader en nader, en die passasiers begin ongerus rond te kyk. Die vliegtuig beweeg vinniger en vinniger, amper aan die einde van die aanloopbaan, en 'n handvol passasiers begin gil en skree en huil, tot die vliegtuig se neus lig en 'n paar meter voor die einde van die aanloopbaan begin opstyg.

'n Paar passasiers sug van verligting, 'n paar ander lyk skaam oor hoe hulle op die skrikwekkende grappie gereageer het, en wanneer die eerste drankies bedien word vergeet almal van die insident.

In die vlugkajuit voel-voel die kaptein sy pad na die knoppie gemerk "Automatic Pilot", druk dit, en sit terug in sy stoel. "Weet jy," sê hy aan die tweede kaptein. "Eendag gaan die bliksems te laat begin gil, en dan bars ons!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--