DIE POUS HET VERGADERING

DIE POUS HET VERGADERING -- JOKE


Die pous het vergadering gehou met sy kardinale om 'n voorstel van Simon Peres, die voormalige leier van Israel te bespreek. Hy wou 'n golfdag reel om vir eens en vir altyd vas te stel wie die beste is, Jode of Katolieke. Die pous was hoogs onsteld want hy het in sy lewe nog nie 'n golfstok vasgehou nie.

Die kardinale het egter 'n oplossing gehad. Hulle sou vir Jack Nicklaus 'n kardinaal maak - en dan kon hy teen Peres speel.

Nicklaus het dit as 'n eer beskou dat hulle hom vra en die wedstryd is gereel.

Die dag na die wedstryd rapporteer Nicklaus terug aan die pous dat hy ongelukkig tweede gekom het."Tweede!?" roep die pous verbaas "Kardinaal Jack, hoe kon jy tweede kom ?"
"Ek is jammer," se Jack ". . . maar Rabbi Woods het 'n voëltjie op die agtiende geslaan!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--