DRANK IS NIE JOU VRIEND NIE

DRANK IS NIE JOU VRIEND NIE -- JOKE


16:00
Sit af na die kroeg met ´n hand vol groenes en ´n broek vol planne.

21:00
Begin onwelvoeglike opmerkings aan verbygaande dames maak. Word byna
gebliksem.

23:00
Kies na ´n paar laaang brannewyne by die kroeg, koers na ´n doef-doef
dansplek. Daar word gefuif met al die swier wat Bacchus kan toelaat.
24:00
Al die vet lelike meisies gaan huis toe.

00:07
Al die groot ouens en bouncers gaan huis toe.

00:15
´n Tower toerbus laai ´n klomp supermodelle in die dansplek af.

00:30
Wonder waar ek geleer dans het - ek kook!

00:45
´n Groepie modelle wink vir my om nader te kom. Tonge en tellefoonnommers
word uitgeruil.

01:00
Drink bodyshots uit ´n blond se naeltjie. Mense in die plek kyk my met
afgryse aan - jy weet, tipe van; Wat soek daai 'looker' met so ´n ou? Ag
wel, wat ken ek sê, as jy dit het, het jy dit.

01:32
Sien my eks by die kroeg. Kry onbeheerbare drang om vir haar te gaan sê ek
is jammer oor wat alles tussen ons gebeur het en of ons nie weer moet
probeer nie.

01:33
Blond druk haar tong in my keel...asem...asseblief...help.

01:35
Trap per ongeluk¨op haar toon. Uiteindelik - suurstof.

01:40
Kyk na my eks se reaksie. Sy maak of sy lag maar ek sien die trane in haar oë.

01:48
Probeer met eks praat maar sy lê nou op die vloer soos sy maak of sy
lag...shame. Sy´t seker baie seer diep binne.

03:15
Gooi op in iemand se kar. Blond vee my mond af en troos my - kan jy dit glo,
mooi en goedhartig. Kan nie glo ek het vanmiddag daardie Lucky-packet ring
weggegooi nie. Hierdie is verseker my trouvrou.

07:00
Word naar wakker met ´n reuse hoofpyn en die dors van ´n Forel wat al ´n dag
op droë grond lê. Waar´s al die mense skielik heen ...
en waar de hel is ek? Ek is alleen in ´n babapienk kamer met sulke kommin
wit rose op die mure geverf ... nee weet nog steeds nie. Hoor 'n mansstem in
die gang, vermoed dis die Blond se pa. Mooi of te not, ek wil nie gedôner
word oor een of ander chick wat ek in ´n kroeg opgetel het nie.

07:01
Gryp my klere langs die bed en spring by die venster uit.

07:02
Kom agter ek het amper my hol met ´n tuinsproeier deurboor. Trek tussen
bosse aan en hardloop by die hek uit. Kry my selfoon in my broeksak en bel
´n vriend.

07:25
Vriend stop langs my en pis homself amper van die lag toe hy my verhaal
hoor. Hy sê heeltyd; ¨En dis net die helfde van die storie¨.
Wat het gisteraand nóg gebeur? Sogenaamde vriend weier om vir my te sê
waaroor hy heeltyd giggel.

08:00
Kom by die huis en vermoed ek het dalk malaria - ek voel regtig nie goed
nie.

08:10
Kniel voor die porselein spoelgod en prewel oor en oor; Ek drink nooit weer nie.

08:20
Die gif in my derms kom nie meer bo uit nie. Wonder hoekom ek dit alweer aan
myself gedoen het. Wonder verder of dit per toeval is dat alkohol so baie
soos ´elke hol´ klink.

13:10
Die belofte wat ek gemaak het om nooit weer te drink nie het saam met my
peperduur ekskrementum by die rioolpyp afgespoel. Dink net hoe lekker ´n glas yskoue brannewyn en Coke sal proe ... mmm.

15:00
Skaars sewe ure na ek oortuig was dat ek die tydelike met die ewige gaan
verruil, sit ek weer in dieselfde kroeg waar dit alles begin het.

15:10
Sjoe, brannewyn is darrem lekker.

15:23
Hoor in die verte ´n gerommel soos ´n trop befoeterde Buffels wat aangestorm
kom. Die brannewyn in my glas maak soos die waterpoele in Jurrasic Park net
voor T-rex almal opeet.

15:24
Kyk stadig op en sien die Michelin-vrou na my toe aangestoei kom.

Hoekom lyk sy so bekend...?

15:27
Shrek se bruid het die tien meter van haar tafel na my tafel in ´n skamele
drie minute kafgedraf. Sy omhels my met al die grasie van ´n russiese spiesgooier en sê uitasem; ¨Het jy vanmôre ook so groot geskrik toe my pa-hulle daar aankom? Ek dog hulle kom eers volgende week terug. Aai maar
ons het darrem lekker gekuier gisteraand sweetness!¨

15:28
Die flashbacks omring my soos ´n scene uit ¨The Matrix¨. O, SHIT, hierdie is die blond. Geen wonder ek was so dronk van al die bodyshots nie - haar naeltjie is seker so diep soos die Atlantiese oseaan.

15:29
Ek kan nog nie ´n woord uitkry nie. Hoekom ek? Begin vinnig en deurmekaar verduidelik dat ek my pa met sy tuinstel moet gaan help; ¨Ek het jou mos gesê, nie .... wel ek moet. Oukei baai¨.

15:30
Sy skree agter my aan; ¨Oukei ek sal jou bel sweetness, ek het mos jou nommer¨. (Sweetness...nommer...wat de hel?)

15:34
Belowe myself dat ek nooit weer sal drink nie...en more kerk toe sal gaan.
Behalwe as dit nagmaal is...


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--