DRIE NONNE RY TEEN

DRIE NONNE RY TEEN -- JOKE


Drie nonne ry teen 'n slakkepas op die hoofweg. 'n Verkkeersman stop hulle en verduidelik vir hulle dat hulle 'n gevaar vir die pad is as hulle so stadig ry. Verontwaardig sê die bestuurder non dat die bordjie het dan duidelik gesê hulle moet 22 km/u ry. By nadere ondersoek blyk dit dat hulle na die roetebord wat sê R22, gekyk het. Die verkeersman verduidelik toe vriendelik dat die spoedbeperking 120 Km/u is en dat hulle asb vinniger moet ry. Uit belangstelling vra hy wat die ander twee nonne dan makeer dat hulle so bleek en bewerig is. Verleë sê die bestuurder "Ons het vroeër op die R212 gery!"



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--