EEN VAN DIE DIERE OP -- JOKE
Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n oorlas gemaak. Dàn maak hy rusie met diè een, dan lig hy sy opinie oor dit of dat. Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: "Hoe lank moet ons nog wag voor ons by droë land uitkom?"
Een aand klop die padda weer aan die deur. "Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?" "Ek weet nie," sê Noag. "Maar ek sê jou wat. Môreoggend gaan ek die een met die grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!" "O" sê die padda en bly lank stil voor hy weer praat. "Het jy die krokodil al daarvan gesê?"
SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???
--BACK--