EERSTE AAND IN DIE WITHUIS

EERSTE AAND IN DIE WITHUIS -- JOKE


Met sy eerste aand in die Withuis is George Bush besonder opgewonde om in die presidensiële bed te kan slaap, maar na 'n uur word hy wakker van 'n figuur wat langs hom staan. "Ek is die gees van George Washington," sê die figuur. "Het jy enige vrae?" "Wat kan ek doen vir die beswil van Amerika?" vra George Bush aan die gedaante. "Wees eerlik en stel 'n goeie voorbeeld," sê Washington en verdwyn. Na nog 'n uur van slaap word Bush weer wakker van 'n figuur wat langs hom staan. "Ek is die gees van Thomas Jefferson," sê die figuur. "Het jy enige vrae?" "Wat kan ek doen vir die beswil van Amerika?" wil Bush weet. "Sny belastings en maak die regering kleiner," sê die gees en verdwyn. Vir die volgende uur kan Bush weens sy opwinding glad nie slaap nie, in die hoop dat nog een van sy voorgangers hom sal besoek. En hy is nie teleurgesteld nie, want na 'n uur is daar weer 'n gedaante langs sy bed. "Ek is die gees van Abraham Lincoln," sê die figuur. "Het jy enige vrae?" "Wat kan ek doen vir die beswil van Amerika?" vra Bush weereens. "Gaan sien 'n opvoering."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--