EK WIL GRAAG DANKIE SE GRAP JOKE

EK WIL GRAAG DANKIE SE GRAP JOKE


Liewe Vriende,

Ek wil graag dankie se aan al my vriende vir al die belangrike e-possies die laaste maande!

Wat 'n eer dat julle my ingesluit het in julle soektog na inligting en kennis!

Danksy julle het ek opgehou om Coke te drink a.g.v. die feit dat dit selfs

porseleinvlekke verwyder in die toilet! Ek het opgehou om te gaan fliek, want ek is te bang ek gaan sit op 'n naald besmet met aaklige siektes!

Ek mag wel deesdae stink, maar danksy julle aanmanings, sal ek nie kanker ontwikkel van die deodorant wat ek vantevore gebruik het nie!

Ek los my kar nou nooit in n parkeer garage nie, al moet ek soms tot 7 blokke ver loop, net omdat julle my gewaarsku het dat iemand my met proefmonsters parfuum kan bedwelm en my dan besteel!

Ek het ook opgehou om die telefoon te antwoord, want julle het my gewaarsku dat iemand my sal versoek om 'n snaakse nommer te skakel waarna ek met n hemelhoë telefoonrekening gaan sit vir oproepe na Uganda, Singapoer, Tokio, en dalk selfs na die "Mars Rover"!

Ek het opgehou om hoender en hamburgers te eet, want julle het my vertel van die vreeslike monsters, sonder oe en vere, wat in 'n laboratorium geteel word vir plekke soos KFC om in hulle Rounders te gebruik!

Verder het ek opgehou om enige ding uit 'n kannetjie te drink, want julle het my gewaarsku dat ek gaan siek word a.g.v. die rotstront en piepie daarop.

Wanneer ek partytjies bywoon, meng ek met niemand nie - julle het gewaarsku dat iemand my niere sal steel en my dan in 'n bad vol ys sal los tot ek self wakker word!

Ek is in die moeilikheid met die polisie op die oomblik, want julle het uitdruklik gesê om nie oor te trek na die kant van die pad nie, want vals polisiemanne gaan my probeer ontvoer!

Ek is bankrot a.g.v. al die rubbertjeks wat ek uitgeskryf het in afwagting van die $15,000 wat Microsoft en AOL aan my sou stuur omdat ek deel geneem het aan hulle spesiale e-pos program!

Dit is ook snaaks dat my nuwe gratis selfoon nooit gearriveer het nie, ook nie die koeponne vir my gratis vakansie in Disneyland nie!

Maar ek is seker dat dit alles te doen het met die feit dat ek n kettingbrief se reels gebreek het, en nou is ek vervloek!!

OEPS, AMPER VERGEET EK; BAIE BELANGRIK: As jy nie hierdie nuusbrief aan ten minste 1200 mense stuur in die volgende 10 sekondes nie, gaan 'n voël vanaand om 7 uur op jou kop K@K !!


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--