ELKE DAG STAP 'n MAN

ELKE DAG STAP 'n MAN -- JOKE

Elke dag stap 'n man verby 'n bedelaar en gee hom tien rand. So gaan dit aan vir 'n jaar, maar skielik verander die daaglikse donasie na R7,50. "Wel," dink die bedelaar, "Dis nog steeds beter as niks." So gaan 'n jaar verby, tot die man se daaglikse donasie skielik krimp tot R5. "Sê my nou eers wat aangaan," vra die bedelaar aan sy weldoener. "Eers gee jy my R10 elke dag, dan weer R7,50, en nou net R5. Wat gaan aan?" "Wel," antwoord die man, "Laasjaar het my oudste seun universiteit toe gegaan. Dit kos baie geld, so ek moes my uitgawes sny. Begin van hierdie jaar is my oudste dogter universiteit toe, en ek moes my uitgawes dus nog meer sny." "En hoeveel kinders het jy?" wil die bedelaar weet. "Vier pragtige kinders," antwoord die man. "Wel," sê die bedelaar, "Ek hoop nie jy is van plan om hulle almal op my onkoste te laat leer nie!"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--