GAUTENG VIR DUMMIES 1

GAUTENG VIR DUMMIES 1 -- JOKE

Gauteng vir Dummies - die avonture van 'n basterVrystater in en om Egoli.

- Koerantverkopertjies by robotte het nooit R 1.25 kleingeld nie, en 'n
Beeld kos jou gevolglik R 5.00 en nie R  3.75 nie.

- Sommige Koerantverkopertjies het inderdaad kleingeld, maar kry dit nie in
die hande alvorens die robotlig vir jou groen word nie.

- Die mediese onkoste as gevolg van die aanranding deur die Isuzu-bestuurder
agter jou, verblind deur road rage, sal na alle waarskynlikheid meer wees as
die kleingeld waarvoor jy gewag het.

- Jou Beeld kos jou dus steeds R 5.00, maar jou neus is darem nie gebreek
nie, jy het nog al jou tande, en jou kar se gat het nie die afdruk van 'n
Isuzu-bullbar nie...  Los die kleingeld!

- Sou jy 'n Beeld koop, het jy nie tyd om dit te lees nie nie.  Het jy tyd,
kry jy nie een te koop nie.

- Die billboard-artikel, wat in die eerste plek jou aandag getrek het, sal
verseker nie op die voorblad van die Beeld wees, sodat jy dit nie in-die-ry kan
lees nie.

- Moenie 'n Son by 'n robot koop nie.  Op enige gegewe tyd sal Mnr en Mev Ds
van die NG Gemeente Waterkloof agter jou stilhou en dink jy's 'n pervert.
Organise met die Son-verkoper dat hy vir 50c vir jou bl 3 se tieties wys.
Sit jou donkerbril op, maak of jy dit nie sien nie, en laat val die 50c in
die pad voor jy ry. Kry hom die daaropvolgende week, selfde tyd, selfde
plek.

- As jy op 'n Sondag Rapporte wil verkoop by die straathoek moet jy blank,
tandloos en maer wees, 'n wolmus dra en na drank stink. (En ook nie
kleingeld hê nie.)

- Ek glo daar is geen verskil tussen kraanwater en gebottelde water nie.
Volgens die petroljoggies by Shell Midrand, is daar ook geen verskil tussen
Loodvry en LRP nie.  (Sorg gevolglik dat jy buite reikafstand van die
dieselpomp se pyp stilhou.  Ten minste by Shell Midrand, in elk
geval.)

- PS: Daar is geen verskil tussen McDonalds se take-away koffie en 'n
urinemonster nie. Behalwe dat die urinemonster se koppie groter is.

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--