GAUTENG VIR DUMMIES 2

GAUTENG VIR DUMMIES 2 -- JOKE

Gauteng vir Dummies - die avonture van 'n basterVrystater in en om Egoli.

- Daar is meer klerehangers in Gauteng te koop as klere.

- Wie de donder is Martin Pols (Mark Condor)?  Ek ken hom NIE al jare nie..

- Verwoerdburgstad = Centurion = Verwoerdburgstad.

- Jhb Internasionaal = Jan Smuts = Jan Smuts = Jan Smuts.

- Hi-Ace = Nekhare RYS.

- Enige plek in Sunnyside ruik op enige tyd van die dag na piepie.

- Fidelity Guards se transito-voertuie ry in konvooie van 10 met 'n
gerattlede trigger-happy personeel van 200, met 'n gesamentlike IK van 200
en meer skietgoed as die SAW destyds in Angola.

- Die swartmotor-konvooi wat jou teen 180 km/h met flitsende blou ligte op
die Ben Schoeman van die pad af druk, is verseker die Staatspresident.  Hy
ry kar want sy Adjunk en haar familie skuur gat met sy jet.

- Bin Laden is springlewendig, en verkoop vis & chips & all & all in 'n
kafee in Mayfair.

- Netcare 911 se Subaru's se noodligte en sirenes kan nie afskakel nie.
Nie eers deur Mcdonalds se drive-thru nie.

- NetCare 911 se telefoonnommer is nie 9-1-1 nie.

- Hoe de duiwel gaan Netcare 911 jou anyway op 'n stretcher met 'n Subaru by
die hospitaal kry?

- As jy vriendelik vir die ou tannie met die Cressida beduie om voor jou in
te ry by 'n interseksie, sal die FHM-voorbladmodel in die SLK agter haar,
wat jy nie gesien het nie, dink jy's 'n padvark omdat jy nie vir haar kans
gee nie.

- Alle 4x4's in Gauteng het 'n geel vierkantige plakker op die neus, wat
verpligtend in Mosambiek is.  Sommiges was in Mosambiek.  Sommiges wil
Mosambiek toe gaan.  Meeste wonder waar Mosambiek is.

- Die Land-Rover handelaar in Sandton is adres is 25°58"46S, 28°7"51E.
Donder!!, het jy dit dan nie geweet nie?

- Ford het 'n nuwe Ka kar.  Sê dit drie keer vinnig.  Verkieslik nie voor 'n
Ka kar eienaar nie.

- 'n Tata is 'n Dacia met lelike mombakkies op, en staan meeste van die
tyd langs die pad met sy hazards aan..

- Jy kan naby die Hans Strijdom-aansluiting 'n Porsche met enige kar wegry.
Linkerbaan 14km/h, middelbaan 17km/h en regterbaan 18 km/h.
Enige tyd van die dag.  Sorg net dat jy in die regterbaan is.

- Naby Midrand staan jy 07:00 in die oggend op die N1 stil en idle langs 'n
bordjie wat sê '120'.  Voor jou staan 'n E-klas AMG Merc, wat gegovern is
tot 250km/h en met 8 lugsakke, ABS, Stability Control en 'n GPS met 'n husky
vrouestem - ook en idle.  Agter jou sit 'n Tata-eienaar benoud op sy selfoon
en hoop die verkeer beweeg nie gou nie.

- As jy in 'n Touareg op die N1 ry, verander jy in Gniel de Villiers.


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--