GAUTENG VIR DUMMIES 3

GAUTENG VIR DUMMIES 3 -- JOKE

Gauteng vir Dummies - die avonture van 'n basterVrystater in en om Egoli.

- 'n BMW verander jou egter nie in 'n d**s nie.  Jy is reeds een voor jy
inklim! As daar regtig nie hoop vir jou is nie, ry jy 'n 530d.

- Die hoeveelheid BMW motorfietse in spitstydverkeer is omgekeer eweredig
aan die hoeveelheid wolke in die lug, en blitse op die horison.

- Jy is nie noodwendig 'n Hell's Angel as jy 'n Harley ry nie. Jy kan 'n
dokter, 'n prokureur, of 'n CA wees.  Jy kan selfs in jou suit ry, met jou
laptop vasgestrap op die agterseat. Moet dit net nie waag op die pad sonder
die RayBans op jou neus, die pispot op jou kop en die F-JOU-attitude nie.

- Moet op geen plek in jou neus krap nie.  Jy is op enige gegewe tyd op ten
minste 3 CCTV kameras, en moenie vergeet van NI se satteliet nie!!

- Hardegat Afrikaanse mense praat gebroke Engels met mekaar in swaar
Afrikaanse aksente.

- 1 x Tafel in 'n top notch coffee-shop in Sandton. 1 x Man, 1 x vrou, 2 x
laptops, 3 x selfone, 4 x personal organisers.  Direkte real-time 3G
video-kontak met hoofkantoor in Londen, maar steeds geen waiter nie....

- Moenie jou regteroor met jou selfoon krap terwyl jy gaap nie. Die
Metropolisie gaan jou nie glo nie, vir jou vertel jy praat k@k en jou beboet
vir 'operating a mobile phone in traffic'. Jy mag egter wel wettig 'n
lipstiffie, Magnum roomys, Phillishave, sigaret, stout kind se oor of
DSTV-remote in een of meer hande hê terwyl jy bestuur.

- Jy sal nie sommer onder enige 'n klip deesdae'n skerpioen kry nie, maar
kyk bietjie in jou truspieëltjie..

- LET WEL: Kyk mooi! Die anti-korrupsie tolvrye nommer op die Metropolisie
se patrollievoertuie kort 'n nommer en is nie tolvry nie!!

- Moenie onder geen omstandighede vir die Metropolisielid in 'n padblokkade
jou nuwe F*k*fpolisiekar CD wys nie.

- Al ry jy 'n oranje kar met 'n SABS-goedgekeurde Cheetah-gelogo'de
Vrystaatse nommerplaat, sal 3 straatsmouse steeds gelyk Blou Bul pette by
die robot van die Menlyn-sentrum aan jou probeer verkoop. Vir seker
onwettige immigrante, want hulle verstaan ook nie die woord 'F*K*F' nie.


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--