GEFRUSTREEDE VROUE

GEFRUSTREEDE VROUE -- JOKE

Aan alle gefrustreerde vroue:

Na ons grassnyer gebreek het en nie meer wou werk nie, het ek aanhoudend by my man geneul om dit te laat regmaak, maar om een of ander rede het die versoek nooit by hom ingesink nie. Ek dink toe aan 'n oulike plan om my punt te maak. Toe my man daardie middag by die huis kom, kry hy my al sittende in die lang gras besig om die gras met 'n naaldwerkskêrtjie af te knip. Hy het my so 'n rukkie gestaan en kyk en is toe die huis in. Na 'n paar minute
kom hy terug en gee my 'n tandeborsel en sê dat as ek klaar is ek net sowel die oprit kan vee.

Die dokters sê hy sal leef maar dit sal 'n lang tyd wees voor hy weer sal
glimlag...

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--