HOE OM TE BID

HOE OM TE BID -- JOKE


Drie predikante sit en gesels oor die beste liggaamshouding vir ernstige gebed, terwyl 'n telefoonherstelman in die omgewing werk. "Dis beslis die beste om te kniel," verklaar die een. "Nee," sê 'n ander. "Ek vind dit die beste om regop te staan met my hande na bo uitgestrek." "Ek stem nie saam nie," sê die derde een. "Die beste posisie is beslis om plat op jou gesig op die vloer te lê." Die herstelman kon homself nie meer bedwing nie. "Ek sê, ouens," val hy hulle in die rede, "die ernstigste wat ek nog ooit gebid het was terwyl ek eenkeer kop onderstebo van 'n telefoonpaal af gehang het!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--