INNIE BOSVELD STAP HASIE

INNIE BOSVELD STAP HASIE -- JOKE


Da' bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe

borrel Witblits (Mampoer) af wat innie son gele het. Hy vat toe so

paar slukke ,ma' die witblits skop hom so lat hy net daar uit-pass

op die naat van sy rug.

Jakkals kom verby, sien vir hasie ennie bottel, dog toe hy sal ook

so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm witblits kap hom

ook om.

So le die twee nou daar toe Hayena verby kom, kon sy geluk nie glo

nie maar maak dieselfde fout en drink ook eers anie bottel, selle

storie, val net daar neer, uit-gepaas.

Leeu kom op die storie af. Besluit hy eet nie aan jakkalse en hayena's

nie en die haas is te klein om eers oor te worry. Vat toe maar so paar

groot slukke aan die borrel witblits en daar slaan hy ok neer.

Met die begin hasie roer, sit regop mette moerske kopseer. Maar hy skud

sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy nou hoe le

leeu, jakkals en hayena bewusteloos en se : "#$!@#, maar ek raak darem

aggresief as ek gedrink het !!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--