JAN STROMPEL LAAT OP

JAN STROMPEL LAAT OP -- JOKE


Jan strompel laat op 'n Vrydagaand 'n kroeg in Brakpan binne. "Kroegman, 'n whisky vir my, 'n whisky vir jou, en 'n whisky vir al my vriende in die kroeg!" skree hy. "Baie dankie, dis besonder gaaf van jou," sê die kroegman en skink vir Jan, homself en al sy klante drankies. Jan slaan sy whisky weg en skree weer: "Kroegman, 'n whisky vir my, 'n whisky vir jou, en 'n whisky vir al my vriende in die kroeg!" "Dis baie gaaf," antwoord die kroegman, "maar wil jy nie eers vir die eerste rondte betaal nie?" "Ek kan nie," sê Jan. "Ek het nie 'n enkele sent by my nie." Hoogs ontstoke gryp die kroegman vir Jan en smyt hom met 'n paar skoppe by die deur uit. 'n Uur later is Jan egter terug, hierdie keer nog dronker. "Kroegman, 'n whisky vir my, en 'n whisky vir al my vriende in die kroeg!" skree hy. "En ek neem aan jy gaan vir my ook 'n whisky aanbied?" vra die kroegman sarkasties. "Nee," sê Jan. "Jy raak aggressief wanneer jy drink."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--