JESUS SIEN VIR JOU

JESUS SIEN VIR JOU -- JOKE


'n Inbreker breek een aand laat by 'n huis in Waterkloof in. Hy was besig om stilletjies die televisiestel te ontkoppel toe 'n stem uit die donker skaduwees kom: "Jesus sien vir jou." Vir 'n oomblik skrik hy hom flou, tot die stem weer sê: "Jesus sien vir jou." Sy flits wys gou dat die stem aan 'n papegaai in 'n hok behoort. "Is dit jy wat so praat?" fluister hy aan die papegaai. "Ja," antwoord die voël. "En wat is jou naam?" fluister die inbreker. "Gabriël," antwoord die voël.

"En watter soort mense noem nou 'n papegaai 'Gabriël'?" wil die inbreker weet. Antwoord die papegaai: "Seker dieselfde soort ketters wat 'n Rotweiler 'Jesus' noem."



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--