JONG PAARTJIE WAT

JONG PAARTJIE WAT -- JOKE




'n Jong paartjie wat op trou staan het altwee hul bedenkinge omdat

hulle nie hul maats alles vertel het nie. Die jongman het die probleem

dat sy voete verskriklik stink, terwyl die bruid 'n probleem het dat

haar

asem in die oggend regtig onaangenaam ruik. Hulle besluit toe om sonder

die ander een daarvan te vertel, raad in te win. Aan die jongman word

gesê om saans as hy bed toe gaan, sy voete deeglik te was, goed af te

droog, poeier op te gooi en dan sokkies aan te trek.

Die raad vir die bruid was dat as sy soggens wakker word, moet sy

haar mond toe hou, badkamer toe gaan en dadelik haar tande borsel - voor

sy 'n woord sê..

Die twee het toe getrou en alles het goed gegaan vir die eerste klompie

maande.

Een oggend net voor dagbreek, skrik die man wakker en kom tot sy

onsteltenis agter dat een van sy voete kaal is. Hy spring dadelik aan

die werk en begin rondvroetel onder die komberse om sy kous op te spoor.

Vroutjie skrik wakker van die gewoel en voor sy kon dink vra sy - "En

wat gaan nou hier aan?"
"Ag nee!" sê hy geskok - ". . . jy't my sokkie ingesluk!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--