KALLIE EN MIKE SIT EN KYK DIE JOKE
Kallie en Mike sit en kyk die tien-uur nuus op televisie. Skielik is daar 'n insetsel van 'n man wat dreig om by 'n hoë gebou af te spring. "Ek wed jou tien rand hy gaan spring!" sê Kallie. "Nou goed," antwoord Mike. "Dan wed ek jou tien rand hy sal nie spring nie." Die volgende oomblik duik die man sierlik van die gebou se dak af en val homself te pletter op die sypaadjie. Mike skud net sy kop en betaal Kallie die tien rand. 'n Tydjie later begin Kallie se gewete aan hom knaag. "Mike, eintlik was ons weddenskap nie eerlik nie. Ek het op die ses-uur nuus dieselfde storie gesien, en ek het geweet hy gaan spring." "Dis OK," antwoord Mike. "Ek het ook die ses-uur nuus gesien, maar ek het nie gedink hy sal wragtag weer spring nie."
SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???
--BACK--