KAREL BEYER VERTEL

KAREL BEYER VERTEL -- JOKE



Karel Beyer vertel van die jongetroude pastoortjie en sy vrou wat besluit het om meer konsidirerend teenoor mekaar op te tree. Hy sou in die vervolg nie meer in haar laaie krap nie - en sy sou hom nie meer openlik aanvat oor sy vervelige preke nie. Die pastoor het woord by stuk gehou en nooit weer in haar laaie gekrap nie, terwyl sy hom ook nooit daarna weer openlik gekritiseer het oor sy preke nie en hulle het 'n gelukkige lewe gelei. Na vyftig jaar se getroude lewe het die kinders vir hulle 'n groot goue bruilof gereël en baie mense het gekom om die gelukkige paartjie geluk te wens. Daardie aand, na afloop van die verrigtinge en nadat hulle al die geskenke gebêre het, sien die pastoor sy vrou se een laai staan so effens oop. Hy kon sy nuuskierigheid nie bedwing nie en maak toe die laai oop. Al wat in die laai was was drie eiers en pakke en pakke note! Op die ou end besluit hy om sy vrou uit te vra oor die eiers en die geld. "O" sê sy. "Jy onthou mos dat ek onderneem het om jou nie openlik te kritiseer as jy 'n vervelige preek gehad het nie? Wel , elke keer as jy so preek gepreek het, het ek 'n eier in die laai gesit." Baie selfvoldaan oor die drie eiers sê die pastoor: "Ja, ek onthou goed" "Wel" gaan sy voort ". . . en elke keer as ek 'n dosyn eiers gehad het, het ek dit verkoop en die geld ook in die laai gesit!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--