KLEIN SAARTJIE IS IN DIE TUIN

KLEIN SAARTJIE IS IN DIE TUIN -- JOKE

Klein Saartjie is in die tuin besig om 'n gat toe te gooi, toe haar buurman oor die heining loer.
Geïnteresseerd in wat sy doen, vra hy vriendelik: "Wat doen jy daar, Saartjie?"
"My goudvissie is dood," antwoord sy met traantjies in haar oë sonder om op te kyk "en ek het hom pas begrawe."
Die buurman voel toe dadelik jammer vir haar en sê: "Maar dit is darem 'n buitengewoon groot gat vir 'n  goudvissie, is dit nie Saartjie?"
Saartjie stamp die laaste bietjie grond vas en sê: "Dis omdat hy in jou  kat se maag is."



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--