KLEIN SAARTJIE

KLEIN SAARTJIE -- JOKE



Klein Saartjie is in die tuin besig om 'n gat toe te gooi, toe haar buurman oor

die heining loer.

Geïnteresseerd in wat sy doen, vra hy vriendelik: "Wat doen jy daar, Saartjie?"

"My goudvissie is dood," antwoord sy met traantjies in haar oë sonder om op te

kyk "en ek het hom pas begrawe."

Die buurman voel toe dadelik jammer vir haar en sê: "Maar dit is darem 'n

buitengewoon groot gat vir 'n goudvissie, is dit nie Saartjie?"

Saartjie stamp die laaste bietjie grond vas en sê: "Dis omdat hy in jou duiwelse
kat se maag is."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--