MIKE EN DIE BERGBEWONER

MIKE EN DIE BERGBEWONER -- JOKE

Mike bly vir 'n paar dae in die Desembervakansie in 'n afgeleë hut in die Drakensberge. Op 'n dag kom 'n permanente inwoner van die berge in die voetpad voor Mike se hut opgestap. Sy klere is oud en verflenter, daar is gras en hoendervere in sy baard, en hy het byna nie 'n tand in sy mond nie. Die bergbewoner sê aan Mike, "More. Nogal eensaam hier bo, is dit nie?" "Ja, nou dat jy dit noem," antwoord Mike. "Ek is maar 'n paar dae hier, en ek voel die eensaamheid al klaar." "Wel," sê die bergbewoner. "Ek woon 'n paar heuwels wes van hier, en ek hou vanaand 'n bergpartytjie. Toe dink ek dalk wil jy oorkom." Mike wil nie ongeskik wees nie, so hy klink net vaag. "Ek weet nie eintlik wat 'n bergpartytjie is nie..." "Ag, 'n bergpartytjie is maar net 'n gedans, 'n gelag, 'n gedrink, 'n bakleiery en seks." Dit klink vir Mike nie té sleg nie. "Wel... dan sal ek seker oorkom. Is daar iets wat ek moet saambring?" "Nee wat," sê die bergbewoner. "Bring maar net jouself." "En wat trek 'n mens aan vir so 'n bergpartytjie?" vra Mike. Antwoord die bergbewoner, "Hel, dit maak nie saak nie. Dis maar net ek en jy."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--