'n EERBARE MAN

'n EERBARE MAN -- JOKE

Mike en sy verloofde se troudatum kom vinnig nader. Sy skoonma reël byna alles: kerk, musiek, fotograaf, blomme, spyskaart. Nie net is sy fluks nie, sy is ook nog verdomp sexy ook. Op 'n dag is Mike by sy skoonfamilie se huis, besig om saam met sy skoonma deur die gastelys te gaan. Sy aanstaande vrou was uit saam met 'n paar vriendinne om haar trourok te laat pas, en sy aanstaande skoonpa was by die werk. Enorm was sy verbasing toe sy skoonma nader skuif en fluister: "Mike, ek vind jou besonder sexy. Gespierd. Aantreklik. Ek is bly jy trou met my dogter. Maar wat sê jy ons gun onsself een middag van vleeslike plesier voor die troue?" Sy staan op en stap sensueel die trappe op na haar slaapkamer. Bo-aan die trappe kyk sy een maal terug en sê: "Jy weet waar die slaapkamer is, en as jy te bang is weet jy waar die voordeur is..." Daarmee verdwyn sy om die hoek. Vir 'n volle minuut bly Mike sit, sy hart klop soos 'n resiesperd, sy bene voel pap. Skielik spring hy in aksie en hardloop soos 'n wafferse atleet vir die voordeur. Buite gekom skrik hy hom lam: sy aanstaande skoonpa staan met 'n glimlag by sy kar en wag. "Seun," sê hy vir Mike, "Ek sal nie toelaat dat sommer enige man met my dogter trou nie. Die regte man moet eerbaar wees, iemand van inbors. Jy het hierdie toets geslaag, en ons weet nou jy is die regte man. Welkom by die familie." Die les wat Mike hieruit geleer het: hou altyd, maar altyd, jou kondome in die kar eerder as jou broeksak.

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--