NAVORSING IS ONLANGS

NAVORSING IS ONLANGS -- JOKE


Navorsing is onlangs gedoen om vergelykende misdaadsyfers op verskillende internasionale lughawens te verkry. Die navorsing het gebruik gemaak van 'n man wat staan en koerant lees en nie aandag gee aan sy aktetas wat langs hom staan nie. Die toets het daarin gelê om te kyk hoe lank dit neem voor die tas gesteel word. In Brussels is die tas binne 4 min 20 sek gesteel In Washington het dit 3 min 16 sek geneem. In Heathrow het die tas binne 2 min van eienaars verwissel In New York het die ou die sakie na 1 min en 5 sek afgehandel. In L.A. het die dief net 45 sek nodig gehad. Die navorsing sou ook Johannesburg insluit maar ongelukkig is die voertuig waarin die navorsers lughawe toe is, gekaap voordat hulle daar uitgekom het!


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--