NET VIR MANS

NET VIR MANS -- JOKE

Na baie jare se navorsing is daar 'n deurbraak gemaak in die vertolking van die mees algemene gesegdes van vrouens. Hoewel die Webmeester nie verantwoordelik gehou kan word vir die korrektheid daarvan nie en ook nie noodwendig daarmee saamstem nie - plaas ek dit nogtans omdat dit wenke is wat kan werk!

1 “OK” (of in sekere gevalle "Ja - Ja")
Hierdie is ‘n uitdrukking wat vroue gebruik aan die einde van ‘n argument wanneer hulle voel hulle is reg maar kan dit nie vat dat jy langer argumenteer nie. Dit beteken jy moet nou stilbly. (Moet nooit die uitdrukking “OK” gebruik om te beskryf hoe sy lyk nie - dit sal net een van daai argumente veroorsaak wat eindig met “OK”)

2. “Vyf minute”
"Vyf minute" beteken ‘n halfuur. Dit is net so lank as wat jou rugbywedstryd nog gaan duur of voordat jy klaar maak met die werk op die rekenaar voordat jy die vuilgoed moet uitgooi, vrouens reken dis ‘n regverdige terugkry.

3. “Niks . . .”
“Niks” beteken “iets” en jy beter op jou tone wees! “Niks” word gewoonlik gebruik om die gevoel te beskryf wat ‘n vrou het om jou om te dop. “Niks” dui gewoonlik op ‘n argument wat gaan eindig met “OK”

4. “Gaan aan” (Met wenkbroue wat lig)
Hierdie is nie toestemming nie! As jy die fout maak om dit as toestemming te vertolk sal die vrou opgewonde raak oor “Niks” en julle gaan vir “vyf minute” argumenteer wat gaan eindig met “OK”

5. “Gaan aan” (Met gewone wenkbroue )
Hierdie uitdrukking dui ook nie op toestemming nie. Dit beteken “ek gee op” of “Doen net wat jy wil – ek gee nie meer om nie! “Gaan aan” word gewoonlik binne ‘n paar minute gevolg deur “Niks” en “OK” en dan sal sy weer binne “Vyf minute” met jou praat as sy afgekoel het.

6. “Harde sug”
Hierdie is nie regtig ‘n woord nie maar ‘n verbale uitdrukking wat baie keer misverstaan word. ‘n “Harde sug” beteken sy dink jy is ‘n idioot en sy wonder hoekom sy haar tyd staan en mors deur te argumenteer oor “niks”.

7. “Sagte sug”
Hierdie is weereens nie ‘n woord nie maar ‘n uitdrukking. Dit is normaalweg nogal een van die dinge wat mans verstaan. Dit beteken dat sy vir die oomblik tevrede is. Jou beste opsie is om stil te bly . . . jou asem op te hou . . . en te hoop dat dit ‘n rukkie aanhou.

8. "O"
Hierdie uitdrukking gevolg deur 'n stelling - spel moeilikheid. bv. "O" - nou is ek die een . . . of "O" nou wil jy vir my sê . . . Indien sy "O" voor 'n stelling sê - hardloop, moenie loop nie, hardloop! Sy sal vir jou sê sy is "OK" nadat sy jou goed by die deur uitgegooi het. Moet egter nie verwag sy gaan binne die volgende twee dae met jou praat nie.(Sien "Stilstuipe") ("O" gevolg deur 'n stelling beteken gewoonlik sy het jou uitgevang - so bly stil en hardloop!)

9. "Dis OK"
Hierdie is een van die gevaarlikste dinge wat 'n vrou vir 'n man kan sê! "Dis OK" is nie dieselfde as "OK" nie en beteken sy wil eers ernstig besin voor sy besluit wat is 'n toepaslike straf vir dit wat jy aan haar gedoen het. "Dis OK" word gewoonlik saam met uitdrukkings soos "OK", “Harde sug”, “Gaan aan” (Met wenkbroue wat lig), ens. gebruik. Wanner sy tyd gehad het om daaroor te dink - begin jou probleme

10 "Nou toe!"
Hierdie is nie 'n stelling nie - dis 'n aanbod. Die vrou gee jou geleentheid om met 'n verskoning vorendag te kom. Met ander woorde - sy gee jou die kans om nog dieper in die gemors te beland! As jy hierdie situasie reg hanteer behoort jy nie 'n "Dis OK" as antwoord te kry nie

11 "Dankie"
Sy sê vir jou dankie! Moenie agteroor val of na jou asem snak nie - sy bedoel dit! Al wat jy moet doen is om te sê "Plesier"

12 "Baie Dankie" (Met klem op al die lettergrepe)
Dit beteken sy is hoogs ontsteld. "Baie Dankie" word gewoonlik gevolg deur “Harde sug”. Moenie eers vra wat verkeerd is nie want sy gaan net sê "Niks"

13 "Stilstuipe"
"Slilstuipe" is weereens nie 'n uit drukking nie , maar 'n houding. Sy sal vir dae nie met jou praat nie terwyl al die ander dinge normaal voortgaan. In hierdie tyd sal sy niks doen wat jy later teen haar sal kan hou nie. Al wat dit beteken is dat sy nog nie vergeet het wat na "O" gebeur het nie!


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--