OPHOU ROOK Grap Joke

OPHOU ROOK JOKE


HOE MY LEWE VERANDER HET SEDERT EK 4 DAE GELEDE OPGEHOU ROOK HET...
-------------------------------------------------------------------

Miskien is ek verkeerd, maar vandat ek ophou rook het doen mense sekere goed wat my de bliksem in maak...

Soos wanneer iemand na sy arm wys as hy vra wat die tyd is. Ek weet waar my horlosie is, pél - waar de donner is joune? Wys ek na my voël as ek vra waar die toilet is?

Of soos wanneer iemand gewillig is om van sy stoel af op te staan en die hele donnerse kamer vol te soek na die remote omdat hy weier om na die TV toe te stap en die channel te change.

Of as iemand sê: "Dis altyd op die laaste plek wat jy soek." NATUURLIK is dit!!! Hoekom sal jy nou fokken aanhou soek as jy die donnerse ding gekry het?

Of as jy in 'n fliek sit en iemand vra: "Het jy dit gesien?" Nee doos, ek het R30 betaal om na die fliek te kom en na die vloer te staar!!!

Of as iemand vra: "Kan ek jou 'n vraag vra?" Gee my nou nie eintlik 'n keuse nie, né? Ek meen, jy't my mos nou al klaar 'n fokken vraag gevra!!

Of as hierdie advertensie-mense iets adverteer sê: "New and Improved". Wat is dit nou eintlik??? Ek meen, as iets nuut is, was daar mos nie iets voor dit nie, en as dit "improved" is, moes daar mos iets gewees het waarop hulle "geimprove" het. So hoe de fok kan dit nou "New" EN "Improved" wees???

Of as iemand sê: "Die lewe is kort" Kak man!!! Dis die langste fokken ding wat enige een van ons ooit sal doen!!! Wat gaan jy doen wat langer as dit is??

Of as jy vir die bus sit en wag en iemand vra of die bus al gekom het. As die bus al gekom het, sou ek nog hier gesit en wag het, poephol??

VERSKOON MY - EK DINK EK MOET MAAR LIEWERS GAAN ROOK.


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--