OUPA EN OUMA SIT OP DIE

OUPA EN OUMA SIT OP DIE -- JOKE

Oupa en ouma sit op die stoep en bewonder die sonsondergang en praat oor die goeie ou dae toe ouma na oupa toe draai en sê "Ou man, onthou jy nog hoe jy altyd oorgeleun en my hand gevat het?"

Oupa kry so glimlaggie en vat haar hand.

"Onthou jy nog," vra sy weer "...hoe jy soms oorgeleun en 'n soentjie gesteel het?"

Weereens gehoorsaam oupa en hy gee haar 'n piksoentjie.

"Onthou jy nog hoe jy somtyds my ore geknibbel het?" wil ouma weet.

Oupa kom sukkel sukkel orent en staan huis se kant toe.

"Waar gaan jy nou?" wil ouma ongeduldig weet.

Oupa antwoord: "Ek gaan net gou my tande haal!"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--