PA EN SEUN SIT

PA EN SEUN SIT -- JOKE



'n Pa en seun sit eendag op die meer en visvang. Terwyl hulle so sit raak die seun geïnteresserd in die wêreld om hom en hy vra "Pa, hoe kry 'n boot dit reg om te dryf?" "Ek is nie heeltemal seker nie." antwoord die pa. Na 'n rukkie vra die seun weer "Pa, hoe kry die visse dit reg om onder die water asem te haal?" Weereens antwoord die pa "Ek is nie heeltemal seker nie." Na 'n paar minute is dit weer sulke tyd en die seun vra "Pa, waarom is die lug blou?" Die pa antwoord weer "Ek is nie heeltemal seker nie." Na net nog 'n rukkie vra die seun "Pa, gee pa om as ek so baie vra vra?" "Natuurlik nie my seun," antwoord die pa ". . . as mens nie vra nie, sal jy nooit iets leer nie!"



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--