PIETIE KOM EEN MIDDAG

PIETIE KOM EEN MIDDAG -- JOKE

Pietie kom een middag laterig tuis na skool, bebloed en flenters. Sy bek is stukkend, sy nues skeef en sy oe lyk soos twee pofmuisies. Ma:" Liewe Vader van Genade, Pietman! Kyk hoe lyk jy. Wat het gebeur? Was jy in 'n motorongeluk? Pietie: " Nee, moeks." se hy trots." Ek het gefaait." Ma is sprakeloos en wil flou val. Pa aan die anderkant, se ore spits en hy storm nader, want sy laaitie het mos baklei. Toe paps hom sien, is hy effens gedemp in sy entosiasme, maar wil tog hoor hoe die geveg verloop het, Want as sy Pietman so lyk...moet die ander outjie naby oorlede wees. Mos. "So, Pieta, het jy ook darem 'n hou ingekry?" vra pa angstig. Pietman: " Maar natuurlik ja. Ek het Bart die Boelie goed opgedonder!" Pa (nou bietjie meer gerus)" So vertel my hoe die geveg verloop het" Pieta: " Wel, eers het ek hom op sy vuis geslaan met my gesig, toe kap ek hom op sy knie met my voorkop. En toe ek sien hy val grond toe en kan dalk sy knie beseer, duik ek onder hom in sodat my keel sy val breek..."

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--