POLISIEMAN OP PATROLLIE

POLISIEMAN OP PATROLLIE -- JOKE


'n Polisieman op patrollie sien een aand 'n kar in 'n verlate straatjie geparkeer. By nadere ondersoek blyk dit dat daar twee tieners in die kar sit, 'n jong man voor besig om 'n rekenaartydskrif te lees, en 'n jong meisie agterin besig om te hekel.

Die polisieman klop aan die venster, en die jong man maak dit ook. "Ja, konstabel?" "Wat doen jy?" "Ek lees 'n rekenaartydskrif, konstabel."

"En wat doen die meisie?" "Sy hekel, konstabel." "Seun, hoe oud is jy?" "Ek is negentien, konstabel," antwoord die jong man. "En hoe oud is die meisie wat daar agter sit en hekel?" Die jong man kyk op sy horlosie en sê: "Wel, konstabel, oor vyftien minute sal sy sestien wees."



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--