PREMIERS VAN DIE NOORDKAAP

PREMIERS VAN DIE NOORDKAAP -- JOKE



Die premiers van die Noordkaap en die Vrystaat ontmoet om gemeenskaplike projekte te bespreek. "Almal lag altyd vir ons, en sê ons is dom," kla die premier van die Vrystaat. "Wil julle ons nie 'n guns doen en ook iets dom aanvang nie, net sodat ons vir 'n slag ook vir iemand kan lag?" Die premier van die Noordkaap voel dis eintlik regverdig, en belowe om terug te gaan en so 'n projek te vind. Hy is ook 'n man van sy woord, en binne twee maande staan daar 'n provinsiale brug in die middel van die Kalahari woestyn.

'n Jaar later ontmoet die twee premiers weer. "Dit was 'n vreeslike lekker grap," sê die premier van die Vrystaat. "Maar die mense lag nie meer daarvoor nie. Dalk is dit tyd dat julle die brug afbreek?" "Ons wou al," antwoord die premier van die Noordkaap. "Maar toe ons by die brug kom sit daar ses Vrystaters en visvang."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--