REISIGER UIT GAUTENG

REISIGER UIT GAUTENG -- JOKE

'n Reisiger uit Gauteng is op pad deur die Karoo toe hy 'n kudde Karooskape in 'n veld sien loop. Uit ervaring weet hy dat so 'n Karooskaap heerlik sou wees oor die kole, en hy besluit om vir homself een los te slaan. Versigtig hou hy die kudde met 'n verkyker dop, en tel hulle een vir een. Daar is presies 157 skape, besluit hy.

Hy stap oor na die skaapwagter toe, en maak hom 'n aanbod. "As ek kan raai presies hoeveel skape jy hier het, kan ek een van hulle kry?" vra die reisiger. Die skaapwagter dink so 'n rukkie, maar dit klink vir hom na 'n goeie grap. Dit vat 'n meester om so 'n kudde sommer so te tel. "Nee, dis goed," sê hy. "Raai maar." "Hier is presies 157 skape," sê die Gautenger. En wragtag, dis reg.

"Ek is 'n man van my woord," sê die skaapwagter, "So soek maar vir jou 'n skaap uit." Die reisiger verdwyn tussen die skape, en kom 'n minuut later weer te voorskyn met 'n spartelende dier op sy skouers. Die skaapwagter bekyk die Gautenger, kyk na die verbaasde dier, kyk weer na die man, en sê: "As ek kan raai van watter provinsie jy af kom, kan ek my hond weer terugkry?"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--