SEEPVERVAARDIGER EN LERAAR

SEEPVERVAARDIGER EN LERAAR -- JOKE

'n Seepvervaardiger en 'n leraar het saam gestap. Die sakeman sê toe: "Wat help godsdiens werklik? Kyk net na al die swaarkry en geweld in die wêreld. Ná soveel duisende jare van praat oor vrede en goedheid en waarheid, sien ek dit nog nêrens nie. Die probleme is nog daar, ten spyte van soveel preke en gebede en lering. Die Bybel se boodskap maak tog geen verskil nie."


Die dominee antwoord niks nie. 'n Entjie verder sien hulle 'n seuntjie in die sloot speel. Toe antwoord die leraar: "Kyk, jy sê dat seep 'n mens skoon maak, maar kyk net hoe vuil is daardie outjie. Wat help seep nou eintlik? Met al die tonne seep wat deur die jare vervaardig is, is daardie outjie nog steeds vuil. Dit lyk my seep maak geen verskil nie."

Die sakeman keer toe: "Maar, Dominee, seep kan tog nie help as dit nie gebruik word nie!"


"Presies!" sê die dominee.


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--