SIELKUNDIGE GAAN MET VAKANSIE

SIELKUNDIGE GAAN MET VAKANSIE -- JOKE

'n Sielkundige gaan met vakansie en reël 'n student wat pas klaar gemaak het om sy groepterapie te behartig terwyl hy weg is want hy wil nie hê dat die groep 'n té lang onderbreking in hul sessies moet hê nie. Die student is bietjie bekommerd dat hy aan die diep kant ingegooi word, maar die praktisyn verseker hom dat dit 'n heel normale groep is en dat al wat hy basies hoef te doen, is om hulle maar net aan die praat te kry en dan gesels hulle normaalweg lekker.

So gesê so gedaan. Op die datum en tyd van die volgende groepsessie is die pas-afgestudeerde toe ook aangenaam verras met die wyse waarop die groep moeite doen om hom te laat tuis voel. Nadat die preliminaries afgehandel is, vra hy wie in die groep eerste iets wil sê. 'Ek sal begin,' sê een van hulle. 'Goed, wat wil jy vandag met ons deel?' 'Ek is Nelson Mandela,' sê die man. Die plaasvervangersielkundige is ietwat uit die veld geslaan. Die praktisyn het dan gesê dat dit 'n normale groep is ... 'E-eh ... hoe lank voel jy nou al so?' 'So twee weke ... en ek vóél nie net so nie, ek ís Nelson Mandela!' 'Eh ... ja, goed ... eh ... vertel ons 'n bietjie meer?'

'Wel, ek moet nou aangaan waar ek opgehou het. Ek was lank in die tronk, maar het die ANC tot 'n demokratiese oorwinning gelei.... ' O ... en ... eh ... hoe het jy tot hierdie insigte gekom ... eh ... dat jy Mandela is, ensovoorts? 'Osama Bin Laden het dit vir my gesê.' Waarop een van die ander lede van die groep onderbreek en sê: 'Nee, ek het nie!'

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--