SORGE MET DIE TOEBROODJIES -- JOKE
Kallie, Mike en Gerrie werk op 'n konstruksiewerf aan 'n wolkekrabber, en sit die oggend honderd meter bo die aarde hul toebroodjies en eet. Kallie kyk vies na sy toebroodjie. "Alweer Marmite. As ek more weer Marmite op my brood kry, spring ek net hier af." Gerrie kyk na sy broodjie. "En ek het alweer appelkooskonfyt. Elke dag dieselfde, elke dag appelkooskonfyt. En ek haat appelkooskonfyt! As ek more weer appelkooskonfyt op my brood het spring ek net hier af." Mike volg hul voorbeeld en kyk wat hy op sy broodjie het. "Alweer ham. Wel, as ek more weer ham op my toebroodjie het spring ek ook net hier af." Die volgende dag sit die drie manne weer reg om hul toebroodjies te eet. Kallie maak sy kosblik eerste oop. Dis Marmite. "Ek het julle gesê ek sal spring, so hier gaan ek." 'n Sekonde of twee later land hy met 'n slag op die grond, morsdood. Gerrie maak versigtig sy kosblik oop. Dis appelkooskonfyt. "So kan dit nie aangaan nie, ek spring ook." Twee sekondes later val hy homself te pletter op die grond. Mike bekyk sy toebroodjie. Alweer ham. Hy volg sy kollegas se voorbeeld, en dadelik lê hy dood op die grond saam met hulle. 'n Maand later ontmoet die drie weduwees mekaar vir tee. "Arme Kallie," sê sy weduwee. "As hy maar net vir my gesê het dat hy iets anders as Marmite wou hê." "En my man," snik Gerrie se weduwee. "Twintig jaar getroud, en ek weet nie eens dat hy nie van appelkooskonfyt hou nie." "O arme, arme Mike," bars Mike se weduwee in trane uit. "Hy maak altyd sy eie toebroodjies."
SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???
--BACK--