TOET-TOET

TOET-TOET -- JOKE


'n Man was oppad in sy verslete ou tjorrie toe dit skielik gaan staan. Hy was aan die kant van die pad geparkeer, besig om dit te probeer herstel, toe 'n Jaguar stilhou en sy hulp aanbied. Na 'n paar minute was dit duidelik dat die twee mans nie die ou tjor weer aan die loop sou kry nie, die Jaguar-bestuurder het toe aangebied om die tjorrie na die naaste vulstasie te tou. 'n Paar minute later was die tjor aan 'n tou agter die Jaguar en hulle het ooreengekom dat indien die Jaguar te vinnig ry, die man sy toeter en sy ligte sou flits. Hulle het in hul onderskeie karre geklim en die Jaguar het weggetrek met die ou kar agter hom. By die eerste verkeerslig het 'n Ferrarie langs die Jaguar gaan staan. Die bestuurder het na die Jaguar gekyk en sy enjin uitdagend begin aanjaag. Die Jaguar-bestuurder, wat heeltemal van wat hy op sleeptou het, vergeet het, het ook sy enjin begin aanjaag en toe die lig groen word het albei in 'n wolk van brandende rubber daar weggetrek! Voor lank het hulle vêr oor die 170km/h gejaag. Terwyl die motors teen mekaar gejaag het, is hulle deur 'n spoedlokval. Die beampte kon sy oë nie glo toe die motors verby hom is nie en het besluit om vir hulp te radio aangesien hy hulle nooit self sou inhaal nie met die volgende: "Jy sal nooit glo wat ek nou net gesien het nie! 'n Ferrarie en 'n Jaguar wat vêr oor die 170 km/h jaag en 'n tjorrie vol duike agterna wat sy ligte flits en sy toeter blaas om hulle verby te jaag!!!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--